Ontmoet Ons
By Kem Photography is dit ons wens om jou te sien glimlag.
Nie net die glimlag op die dag van jul troue nie, maar van die dag wat
jul ons ontmoet tot daardie dag sestig jaar van nou waar julle deur die
album blaai en daardie perfekte dag onthou toe julle lewes een geword het.
Ons is professionele fotograwe wat spesialiseer in troues,
gebaseer in Potchefstroom.
Ons het ’n passie vir mense, fotografie en daardie perfekte oomblik.
Ons sien uit om julle te ontmoet en te laat glimlag.
Kyk asseblief rond en kom drink ’n koffie as julle hou van wat julle sien!
Neil